Argetipe

Die konsep argetipe verskyn in areas wat met gedrag, moderne sielkundige teorie, en literêre analise geassosieer word. 'n Argetipe kan die volgende wees:

  1. 'n stelling, gedragspatroon of prototipe (model) wat deur ander stellings, gedragspatrone en voorwerpe nagedoen of geëmuleer word. (Informele sinonieme vir hierdie toepassing sluit in "standaard voorbeeld", "basiese voorbeeld" en die langer weergawe, "argetipiese voorbeeld". Wetenskaplike argetipes verskyn dikwels as "kanonieke voorbeelde".)
  2. 'n Platoniese filosofiese idee wat na suiwer vorms verwys wat die fundamentele eienskappe van 'n voorwerp vergestalt
  3. 'n kollektief oorgeërfde onbewustelike idee, denkpatroon, beeld, ens. wat universeel in individuele psiges teenwoordig is, soos in Jungiaanse filosofie
  4. 'n gedurig herhalende simbool of motief in die literatuur, skilderkuns of mitologie (hierdie gebruik van die term put uit kulturele antropologie en uit die Jungiaanse argetipiese teorie). In verskeie oënskynlik onverwante gevalle in die klassieke verhaalkuns, media, ens., is daar 'n herhaaldelike verskyning van karakters of idees wat soortgelyke eienskappe deel.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search